WYSHEID VOLGENS DIE BYBEL

Jakobus 1:5

5Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. 6Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.


Cliff Leitch sê in sy boek genaamd “Wysheid van die Bybel” dat “Wysheid beteken om altyd volgens die gees van die Gebooie op te tree en nie
op soek na ‘n dubbel sinnigheid of weglating wat ons kan gebruik om hul ware bedoeling te ontduik nie.
Wysheid beteken om die gevolge van ons dade en woorde te verstaan voordat ons optree of praat. Wysheid beteken om die kennis en begrip te hê om die regte optrede te erken en die wil en moed te hê om dit te volg”.

Klik hier om die pdf-formaat van Cliff Leitch se boek af te laai, dit is ‘n gratis boek om te lees en met almal te deel.

Regdeur die Bybel word ons geleer om God lief te hê, ander mense te respekteer en medelye met die onderdruktes en behoeftiges te hê.

Baie van die Bybel se wysheids leringe, wat twee of drie duisend jaar gelede geskryf is, is vandag net so relevant soos destyds.

Die Wysheids leringe van die Bybel volg uit die twee groot temas van die Tien Gebooie en die grootste gebooie van Jesus, eerbied aan God, ons Skepper en respek vir alle persone, oral oor.

Wysheid is om God lief te hê met jou hele hart, siel en alles in jou.

Gebed: Liewe Here, help ons vandag om te verstaan wat wysheid eintlik beteken, sodat ons nie die verkeerde wysheid soek wat net na geluk en roem kan lei nie. Help ons om U in die eerste plek te volg en wysheid by U te soek vir ons lewens, sodat ons ligte vir Jesus kan skyn in alles wat ons doen. Amen


Book review, click on the image to purchase online…

Do you desire daily wisdom—the kind of wisdom that can give you peace and comfort, guide your decisions, correct your misunderstandings, and teach you truths that help you mature in your faith? Wisdom for Life is designed to offer exactly that, using the Old Testament books of Psalms and Proverbs. 



Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started