LIEFDE, DEEL VIER

Kolossense 3:16

16Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wysheid moet julle mekaar onderrig en mekaar die regte pad wys. Sing met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God. 


Deur hierdie vers word ons aangemoedig om ‘n Christus-gesentreerde lewe te lei, God lief te hê EN sy skepping lief te hê (natuur, mense, diere).

Hoe kan ons alles in die Naam van Jesus doen en liefhê?

Ons moet onder die goedkeuring van Jesus lewe, om onder Christus se gesag te leef is ‘n daad van dankbaarheid teenoor God.

Ons ken nie ons dae op aarde nie, daarom moet ons die beste lewe leef wat nou dadelik moet begin-God gerigte lewe.

Gebed: Liewe Here, dankie dat U ons vandag lei om ‘n Christus-gesentreerde lewe te lei. Laat ons U loof in alles wat ons sê en doen, sodat ons in liefde vir U en ander sal leef. Amen


Book review, click on the image to purchase online…



Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started