GOD GEE KRAG EN WYSHEID

BID VIR KRAG EN WYSHEID

Jesaja 40:29-31

29Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.

30Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val,

31maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.


Vat dit na die Here, dit is die beste raad wat enige een kan kry wanneer hulle oorweldig, afgemat of moedeloos voel. Ons kan dit nooit alleen hanteer nie, dit sal ons dreineer emotioneel, en fisies.

Wanneer ons op ons probleme fokus gaan ons uitbrand, maar wanneer ons ons oë op die Here fokus, dan sal ons vrede ontvang en antwoorde sal volg. Die uitdaging is, ons moet glo wanneer ons bid vir wysheid en krag, dinge sal nie reg uitwerk as ons twyfel in God se hulp nie.

Ons moet leer om nie hard te wees op onsself nie, maar eerder verseker wees dat alles goed sal uitwerk wanneer ons tyd spandeer saam met God.


Sluit aan op ons mediums en deel dit gerus met ander mede Afrikaans sprekendes.



Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started