DOEN GOED AAN JOU NAASTE

WEES ‘N BARMHARTIGE SAMARITAAN

Jesaja 1:17

17Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë. Laat reg geskied aan die weeskinders, behartig die regsake van die weduwees.

Galasiërs 6:9-10

9Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. 10Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen,


Dit voel altyd lekker om iets vir iemand te doen, al is dit net raad gee. Ons hoef nie altyd geld te gee om te help nie, baie mense soek net iemand wat ‘n oor het om te luister.

Daar is baie maniere waarop ons mense en die omgewing kan help:

-Vertel vir mense van hoe God jou help deur jou moeilike en maklike tye;

-Help armes met die klere wat jy nie meer dra nie, al is jy self nie baie ryk nie;

-Besoek die ou mense wat in tehuise woon wat vergete voel en vat iets lekker;

-Gee kos vir straat diere;

-Help die aarde/omgewing om minder plastiek te gebruik;

Hierdie is net ‘n paar voorbeelde, maar so kan ons goed doen solank ons die geleentheid het.


Sluit aan op ons mediums en deel dit gerus met ander mede Afrikaans sprekendes.



Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started