SEËN JOU VYANDE

SEËN DIE WAT TEEN JOU IS

Lukas 6:27-31

27“Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; 28seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. 29As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. 30Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. 31Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.

Die lewe is vol haat. Soms is dit ons wat haat, en ook ander wat ons haat. Hoe kan ons leer om meer vreedsaam te lewe? Wat is die geheim?

In die bybel staan daar dat ons die wat teen ons is moet liefhê. Dit klink mos onmoontlik, of is dit moontlik? Met die hulp van die Heilige Gees wat ons lei, kan daar baie veranderinge in ons lewens gebeur as ons die wilskrag het.

Het ons die wilskrag om iemand te vergewe oor hul optrede, en dan hul boonop lief te hê? Ja, ons het. Dit verg wel oefening om beter op te treë.

Volgende keer as iemand jou te na kom, bewys dan juis liefde aan die persoon, want hy/sy sal die volgende keer jou voorbeeld volg as iemand hul ook te na kom.

Moet ook nie vyandig optreë teenoor jou medemens nie, dit is juis nie ‘n goeie voorbeeld vir ander nie en jy sal nie seën ontvang van die Here nie.

Vandag (13de November) is “Worldwide Kindness Day”, wys vir ander jou vriendelikheid, sagmoedigheid en liefde.

Gaan seën jou vyande.

SEËN DIE WAT TEEN JOU IS, HULLE SAL JOU VOORBEELD VOLG

Besoek gerus ook ons aanlyn winkel, waar jy allerhande christelike Produkte kan bestel vir jouself of vir geskenke.

LUISTER HIER NA ONS BYBEL TYD TOEP, sluit aan en deel dit gerus aan ander.

LEES ONS FACEBOOK BLAD, vir daaglikse inspirasie.

KYK SAAM NA ONS GETUIENISSE OP ONS YOUTUBE KANAAL, deel ook jou getuienis met ander. Praat met my, epos bybeltyd@gmail.com

As jy ‘n gebedsversoek het, stuur vir my ‘n epos op bybeltyd@gmail.com

Bestel jou bybel vandag by Bybelgenootskap van Suid Afrika deur hulle te Skakel of per epos…



Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started