LEWE IN VREDE

JAAG DIE VREDE NA

Psalm 34:13-15

13As iemand die lewe liefhet en ‘n lang lewe begeer om die goeie te geniet, 14moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens. 15Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!

Almal van ons weet hoe dit gaan in die wêreld. Daar is twis, haat, moord en baie ander onnodige vrede ‘stelers’.

Ons kan almal praat oor hoe graag ons vrede wil hê in die wêreld, maar praat gaan niks doen as daar nie aksie bykom nie. Ons moet elkeen ons deel bring om in vrede te leef. Hoe kan ons deur ons dae kom sonder om oomblikke van selfsug, onmin en ander slegte gevoelens te hê?

Dit verg selfbeheersing. Veral as dinge baie deurmekaar rondom ons lyk en ons frustreërd voel met ons situasies.

God se mag is groter as die van die duiwel, en as jy die duiwel in die naam van Jesus aanspreek dan sal jy altyd ‘n goeie, rustige lewe leef.

Vat ‘n rus tydjie vandag om in vrede met die Here te gesels, ondervind Sy ondersteuning in jou lewe.

SOEK NA GOD ELKE DAG EN LEWE IN VREDE

LUISTER GERUS NA ONS TOEP HIERSO

WIL JY GRAAG JOU GETUIENIS MET ANDER DEEL, OM ANDER AAN TE MOEDIG OM MEER IN GOD TE GLO? KONTAK BYBEL TYD EN ONS SAL SAAM MET JOU GESELS.



Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started