WAT JY SAAI SAL JY MAAI

WAT JY UITDEEL SAL NA JOU TOE TERUGKOM

Galasiërs 6:7-10

7Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes. 8Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes. 9Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. 10Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Die Here het ons geskape om Sy woord te versprei en om goed te doen aan ons naaste en natuur. Wanneer ons goed doen, sal dit met oorvloed terugkom na ons toe.

Hoe kan ons mense help en goed doen vir hulle? Hier is ‘n paar voorbeelde…

-luister en ondersteun mense en gee jou beste raad, komplimenteër mense, waardeer mense en die natuur ook, laat mense voel hulle is belangrik veral as hulle Arm of Siek is, gee ‘n geskenk aan ‘n onbekende persoon op straat, gaan sit by iemand wat ‘n familielid of vriend af gestaan het aan die dood, ens.

Soos ek al voorheen gepraat het in die Bybel Tyd, BOU OP EN MOENIE AFBREEK NIE. As jy gaan afbreek sal dinge in die lewe nie vir jou goed uitwerk nie. Bou liewers op en verwag ook dan God se seën oor jou lewe.

Wat gaan jy saai vandag?

DEUR JOU GOEIE DADE SAL JY ONTVANG. GROEI SOOS JY ‘WATER’ GEE AAN ANDER

Deel die blog en toep aan ander om God se woord te versprei regoor die wêreld aan Afrikaans sprekendes…

Wandel in liefde Bybel Tyd

1Johannes 4:8-10 — Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/bybel-tyd/message
  1. Wandel in liefde
  2. Wat is jou prioriteite?
  3. Self-haat en Self-aanvaarding
  4. Leer om weer te leef
  5. Tel jou woorde


Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started