EER JOU VADER EN JOU MOEDER

EER JOU VADER EN JOU MOEDER
EKSODUS 20:12 

“Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee.

DEUTERONOMIUM 5:16 

“ ‘Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het, dan sal jy ‘n lang lewe hê en sal dit goed gaan met jou in die land wat die Here jou God vir jou gee.

MATTEUS 15:4 

“God het tog gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’

MATTEUS 19:19 

eer jou vader en jou moeder en: jy moet jou naaste liefhê soos jouself. ”

MARKUS 7:10 

Moses het gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’

MARKUS 10:19 

Jy ken die gebooie: ‘Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie,’ jy mag nie iemand veronreg nie, eer jou vader en jou moeder. ”

LUKAS 18:20 

Jy ken die gebooie: Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis gee nie, eer jou vader en moeder.”

EFESIËRS 6:2 

“Eer jou vader en jou moeder” is ‘n baie belangrike gebod. En daar is nog ‘n belofte by:

Die volgende gedeelte is gevat uit bybelwoord.net, geskryf deur Esther Visser…

Alhoewel dit baie moeilik kan wees om albei ouers te gehoorsaam, kan kinders albei  hulle ouers eer. Die Bybel waarsku duidelik daarteen om ouers te behandel met minagting of veragting (Deut. 21:18,19; 27:16; Spr. 19:26).
Hulle is immers die mense wat lewe aan hulle kinders gegee het (Spr. 23: 22,25) en daarom wil God hê dat kinders hul ouers moet respekteer, ongeag hulle gedrag.

Dit beteken dat jy nie jou ouers teen mekaar gebruik nie, maar met respek oor hulle praat. Dit beteken dat jy bereidwilligheid teenoor die ouers toon om hulle te help; om liefde en respek te toon.

Vaders word deur die apostel Paulus gewaarsku om nie hul kinders uit te tart nie, sodat hulle nie moedeloos word nie (Kolossense 3:21), en hulle kry die opdrag om hulle kinders in die dissipline van die Here op te voed. (Ef. 6:4).

So vaders en moeders het ook ‘n groot verantwoordelikheid om hul kinders verstandig te hanteer en hulle te leer oor die Here. God sal ouers verantwoordelik hou wanneer hulle nie hul ouerlike pligte nakom nie!

OUERS HET OOK ‘N VERANTWOORDELIKHEID

LUISTER GERUS SAAM NA ONS TOEP…

Wandel in liefde Bybel Tyd

1Johannes 4:8-10 — Send in a voice message: https://podcasters.spotify.com/pod/show/bybel-tyd/message
  1. Wandel in liefde
  2. Wat is jou prioriteite?
  3. Self-haat en Self-aanvaarding
  4. Leer om weer te leef
  5. Tel jou woorde


Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started