KIES LIEFDE INSTEDE VAN HAAT

LIEFDE VIR JOU NAASTE, SELF JOU VYAND.

JOHANNES 13 : 31 – 35

Vir die afgelope paar dae het ek geluister en gelees na omgee, vrede en liefde podcasts, videos en ook artikels.

Vandag druk dit op my hart om met elkeen te deel wat ons nodig het om te hoor, elke dag van ons lewens sodat ons dit nooit sal vergeet nie. God wil hê ons moet in vrede lewe. Haat kan enige iemand afbreek, maar wat as jy die vrede behou en vir die wêreld daar buite wys wat ‘n Christen moet doen en nie moet doen nie.

Luister gerus na hierdie 99 jare man se inspirerende storie…..https://youtu.be/scCvi3vY4jQ. Hoe kan ons dan lewe met haat as ons luister na positiewe stories soos hierdie?

Verander vandag, ek gaan beslis meer oplet na hoe ek lewe. Gee meer liefde, die duiwel wil hê ons moet haat want dit is mos waarvoor hy strewe (verdeeldheid).

TREK DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD AAN, BEHOU DIE VREDE

LUISTER GERUS NA ONS PODCAST (TOEP) EN SLUIT AAN.



Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started