ALMAL IS VERSKILLEND

WAT IS JOU GOD GEGEWE GAWE?

Romeine 12:6-7

Watter gawe het God jou gegee? Moenie sleg voel of jaloers voel as jy nie kan doen wat iemand anders kan doen nie. Of moenie iets afdwing op iemand wat jy doen en verwag hulle moet ook dit doen en soos jy presteer nie.

Elkeen van ons het ‘n gawe gekry wat ons moet uitleef, is dit om huisvrou te wees of ambagsman of dokter of welsynswerker. Elkeen het ‘n doel op die aarde en God wil hê jy moet jou doel uitvoer.

Ons almal is verskillend en daarom is ons so uniek. God sal jou seën met die gawes wat Hy jou gegee het, so plaas jou gawe in Sy hand en vra vir leiding.

Almal is verskillend, ontdek en leef jou gawe vandag!

Amen



Leave a comment

About Me

Ek deel graag my stiltetyd met ander sodat ons mekaar kan bedien met God se woord, kom lees en bid saam met my, 5 dae ‘n week. Skryf vir my as ek jou bybel tyd moet deel of as jy ‘n getuienis het om te deel op ons YouTube kanaal.

Newsletter

Design a site like this with WordPress.com
Get started